We're updating our website with additional information and documents on our portfolio. Please return from time to time if you encounter blank links or pages - they will be populated with research, facts, and an in-depth view of our pre-listing status. Regards, The Cardinal Team

Oliefirmas flankeer met beleggers

Daryl Ducasse, uitvoerende hoof van Cardinal Petroleum Holdings.

Daryl Ducasse, uitvoerende hoof van Cardinal Petroleum Holdings.

Twee nuwe olie- en brandstofverwante maatskappye het pas met beleggers begin flankeer.

Cardinal Petroleum Holdings wil dieseldepots en vulstasies in Suid-Afrika koop, maar het R2,3 miljard vir sy planne nodig en mik daarna om in Junie op die JSE te noteer.

Camac Energy, ’n Amerikaanse olie-eksplorasiegroep met belange in Nigerië, Gambië en Kenia, het in Februarie op die JSE genoteer, met die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat die staat se pensioenfonds bestuur, wat ’n 30%-belang in hom het.

Van die nie-uitvoerende direkteure van Cardinal het ervaring in die brandstofbedryf, maar nie die bestuurspan nie. Daryl Ducasse, uitvoerende hoof, en sy medebestuurslede is wel ervare in finansiering, beleggings en eiendom en hy sê hulle het hul oog op ’n persoon wat bedryfsbestuurder kan wees.

Cardinal wil later ook vloeibare-petroleumgas-verspreidingsbates hanteer, en ook betrokke raak by water.

Ducasse sê hulle het die invoer van ys en die uitvoerbaarheid van ’n ontsoutingsaanleg aan die Weskus ondersoek. In die toekoms wil die groep betrokke raak by die suiwering, berging, vervoer en aflewering van water.

Ducasse meen die sektor vir groothandeldiesel kort ’n mate van konsolidasie. “Al die groothandelaars doen sake onder outonome handelsname en ding daagliks suiwer op prysverskille om klante mee. Ek dink regulering sal goed wees vir die dieselbedryf, maar intussen is ons strategie om soveel moontlik onafhanklike dieselhandelaars onder een handelsnaam te verenig om kostebesparings te kry en pryspariteit te herstel.”

Die dieselprys word nie op kleinhandelvlak gereguleer nie, so groothandelaars kan self oor hul wins besluit, anders as met petrol, waarvoor die staat die kleinhandelwinsmarge vasstel.

Ducasse sê die groot oliemaatskappye stel nie regtig belang in middelstroom-bates (soos verspreidingsdepots) tussen die stroomop- en stroomafbedrywighede (eksplorasie, ontginning, raffinaderye, bemarking en verspreiding) van die petroleumbedryf nie. “Hulle stel gewoonlik streeksverspreiders aan vir die groothandelbedrywighede, maar hou beheer oor die vulstasies. Ons sal dus nie met die groot oliegroepe meeding nie.”

Beleggers sal hul opbrengs kry uit dividende. Cardinal se inkomste sal kom uit die verkoop van brandstof, waarvan die vraag oor die volgende dekade sal styg.

“Ons beleggers word blootgestel aan die kombinasie van sterk inkomstestrome uit die verkoop van produkte waarna die vraag groot is, en die voordeel van kapitaalsekerheid in die vorm van die vaste eiendom wat die maatskappy besit.”

Source: Rapport

Leave a Reply